
=====================================================================
Vakansiebestemming: Valsbaai (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Vakansiebestemming: Valsbaai

---------------------------------------------------------------------
Deur Kirby van der Merwe

My ouer broer Hein s: "Jy lieg!" en hy lag lekker. "Jy sal dit nit skryf nie."

Krismisvakansie 1968. Laataand. Ons kar, 'n donkerblou '58 Austin Westminster (West minister soos ons kinders dit genoem het) staan en 
luier voor in die straat. Ons sit reeds. Ons wag ongeduldig dat ons pa sy laaste lope loop en wat gecheck moet word check. Want dis beknop 
met sewe kinders en antie Hannie en my pa se jongste broer, Piet, wat saamgepiekel word om hom teen homself te beskerm oor die feesgety. En 
die harige swart huishond, Blackie, wat ook moet saam.

Almal het 'n plekkie: die twee jongstes by Ma op die voorseat. Ons ander klomp agter. Die agterseat is verwyder, want dit vat te veel 
spasie op. In die spasie is al die komberse en kooigoed gepak. Nou's daar plek vir almal.

"Dis mos 'n kr di, 'n kar wat vrag kan vat," s my pa toe hy inklim n hy die groot hek agter hom met 'n dik ketting en slot gesluit het. 
Trots, maar ook met 'n tikkie ontsag. Miskien eerder vals bravade. En hy trek daar weg met tollende wiele dat die klippers spat. "Net om te 
check," s hy oor sy skouer om my en Hein meer opgewonde te maak. Nou is daar nie omdraai nie. See, hier kom ons!

Toe loop die Westminster Valsbaai toe. Met elf siele en 'n hond. ('n Hond met sielvolle o.) Ek en Hein hang weerskante van my pa oor die 
rug van die voorseat. Een duiweltjie op elke skouer. Ons hou die pad en die speedometer dop. Voor my ry die neus van die Westminster soos 
'n boot in die donker pad af. Die verchroomde vlerk-embleem van die Austin staan soos 'n handsaluut op sy neus. Pure fantasie: 'n Engelse 
kar, leersitplekke met fyn krakies. O, die geur van leer! Die weerkaatsing van die straatligte loop oor die kar se blink gevryfde bonnet. 
Soos water van 'n eend se rug, dink ek.

My pa is nie lui nie, hy trap in die hoek. Ons gaan 60 myl per uur om 'n draai. In die draai s hy: "L annerkant toe, vir sy balance." En 
ons l, soos een man. Hein stamp my met die vuis in die sy van lekkerte. Sy o op skrefies. Hy hits my pa aan om al wat 'n kar is verby te 
steek. Zephyrs, Chevrolets, Taunusse, Holdens  My ma gee net so nou en dan 'n gilletjie: "Moos!"

"Gooi hom in sy overdrive, Drra," por Hein. En toe ons die N1 vat, sit my pa die kar in overdrive. Toe sing ons. Koortjies. "Harm, no 
harm, no harm. The Devil can do you no harm ": (Ham, nou-ham, nou-ham ") Nie oor ons bang is nie, nee, van lekkerte. Ons is nie bang nie, 
want ons loop "onder die Bloed" en met Ps. 23.

Dis al skuins n tien, want ons moes aanhang tot die paaie stiller is. Oor die "bloubaadjies". Oor fines vir overloading. Want die kar is 
geli: op die dak is 'n bed en matrasse vasgebind. Op die matrasse bokse negosie en dergelike dinge. Potte, panne en die pompstofie, ook 
in bokse. Alles styf toegewikkel onder 'n spoorwegseil. 'n Stewige stapel  half toring, half bondel. Klere, verbruikbare en steelbare goed 
is in die dickey toegesluit. Pa se persoonlike papiere en die Bybel in die cubby hole.

Hond, haard, kos en kroos. Elf mense in 'n kar met 'n kooi op die dak.

Ek en Hein, ons check voor en agter en na die sykante vir bloubaadjies. As ons een gewaar, skree ons benoud: "Sout! Koes! Bloubaadjie!" En 
almal duik weg, net die twee koppe van antie Hannie en Piet, di twee sit ewe ongerg kiertsregop.

Piet, wat onder protes saam is, hou 'n sesbottelkan "Virginia" op sy skoot vas. Uitdagend en pestelik aan die een kant, aan die ander kant 
kinderlik pateties. Kom wat wil, hy gaan nie daarvan afstand doen nie. Hy laat hom nie "moveer" nie, van niemand nie, s hy. In die ryery 
suip hy stilletjies en stort van die wyn op die kooigoed. Alles word kennelik nie gedek deur Ps. 23 en die ander reispsalms nie.

By die bloubaadjies verby, alles wel, tot kort duskant die Sunset Drive-in. Die vertoning was net klaar en die stroom karre wat van die 
inryteater kom en die lang tou vakansiegangers op pad Strandfontein toe veroorsaak 'n opeenhoping. Daar sit ons in 'n helse verkeersknoop. 
Paartjies tussen 'n bonte menigte vakansiegangers. Almal wat seker ook die bloubaadjies wou ontglip. Dis toe maar uitklim en bene rek, 
vriende maak, of in die bossies gaan sit.

Piet moet ook uit, want 'n dronk man op 'n stapel komberse is nie te vertrou nie. Hy sit langs die kar in die gras, kerm en kla, maar klou 
aan sy kan wyn.

Toe die karre begin beweeg, spring ons almal in. Eers 'n ent verder, naby Strandfontein, kom ons agter dat Piet agtergebly het. Dis 
terugdraai teen die stroom voertuie in, al die pad terug om hom te gaan soek. Ek en Hein loop langs die kar om te sien of ons hom nie 
gewaar nie. Maar hy is dieper die bossies in. Hoe kry mens 'n dronk man wat iewers in die donker in die bossies sy roes afslaap? Ons roep 
en skree ons hees. Toe dit bietjie ligter word, kry ons hom op die naat van sy rug sommer vlak by die pad met sy geliefde in sy arms. Die 
sesbottelkan is halfvol, of is dit half leeg? Ons spook met hom tot in die kar. N al ons moeite en myle se stap, mors hy sonder seremonie 
die komberse nat. Praat van stank vir dank.

Maar toe ons ligdag die see haal, doen my pa wat hy altyd doen: hy jaag met die Austin tot op die strand en maak eers 'n paar esse in die 
sand. T gaan slaan ons tent op. Kirby van der Merwe is kunstenaar en skrywer. Sy debuutroman heet Klapperhaar slaap nie stil nie. Van sy 
kortverhale verskyn in bundels. Hy het vanjaar se M-Net beurs vir Skeppende Skryfwerk ontvang.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7445.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

